The Project Gutenberg EBook of Trekkerswee, by J.D (AKA Totius) du Toit This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included with this eBook or online at www.gutenberg.org Title: Trekkerswee Met tekeninge van J.H. Pierneef Author: J.D (AKA Totius) du Toit Release Date: August 18, 2005 [EBook #16543] Language: Afrikaans Character set encoding: ISO-8859-1 *** START OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK TREKKERSWEE *** Produced by Michael Ciesielski, Christine D and the Online Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net [Illustrasie: Voorblad] Totius Trekkerswee Met tekeninge van J.H. Pierneef Tafelberg INHOUD 'n Woord van Inleiding Silwer Strale 1 Goue Gode 31 Groue Grawe 59 'n Woord van Inleiding Die versies verplaas ons bo-op die Rand, ongeveer waar Johannesburg nou lê. Daar het oom Gert, 'n trekker, met vrou en enigste dogter, gaan woon. Later kom oom Koos, 'n kolonis, wat in die nabyheid grond gekoop het. Sy seun Willem raak verlief op Dina, oom Gert se dogter. Nadat die twee families saam Perdekraal-fees gevier het, gaan Willem en Dina trou. Die tweede versereeks beskrywe die ontdekking van die goudvelde en die opkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan Willem en Dina, wat by oom Gert inwoon, blootgestel is en waarvoor hulle beswyk. Die tweede stuk eindig dan met die groot Boer-Britse oorlog. Die derde versereeks verplaas ons in die tyd toe die Unie tot stand gekom het, en beskryf die treurige einde van oom Gert en Dina. Dis die simpele storie waarop die hele gedig gebou is. Ons kan hier nog byvoeg dat die S.A. Akademie, deur die vrygewigheid van genl. Hertzog, in staat gestel is om jaarliks 'n milde geldprys vir letterkundige werke uit te loof. Die prys vir 1915 is aan hierdie gedig toegeken. [Illustrasie: "Verlore-klein lê op die Rand / hul huisie in die trekkersland."] Silwer Strale I Dis heuwels, heuwels, heuwels net sover 'n mens se oog kan speur; grasheuwels waar ook riwwe gaan, met enkele stroompies tussendeur. Daar is geen hoë berge nie, want hoog is daar die wêreld self; en luggies waai daar dun en fris, of dit stroom uit die blou gewelf. Die baie dale en klowe wat die hoogland kruis en dwars deursny, bied winterskuiling vir die vee wat anders al te koud sal kry. En as die eerste rypies val trek bosveld toe wat kan, om daar in lekker warrem son hul winterlaers uit te span. Maar somers is dit heerlik op die Rand; dan lê in sonnegewaad die heuwels soos ramme te sluimer-slaap langs strome wat lag en praat. Dan reën die wolke somaar as hul swaar skuif oor die hoë land, en die dak van Transvaal se geute spuit die water weg na alle kant.-- Dáár in die hoë wildheid met sy huppelende heuwelskoon het jarelank 'n trekker met sy vrou en kind alleen gewoon. II Verlore-klein lê op die Rand hul huisie in die trekkersland; dit is 'n stip net in die wei-- die rietedak en muurtjies van klei. Daarlanges lê die beestekraal, waar smiddags doodse stilte daal as kalfies, in die son gebraai, die vlieë van hul kop lê waai, so dom-gerus; en bly-ontsteld eers opspring as uit ruie veld die koeie aandraf wat met hul geloei die awendstond vervul. 'n Bietjie verder van die huis, waar mielieblare helder ruis as windgeroer hul sanggeluid hef bo die dowwe velddreun uit, lê laer af, 'n klein vierkant, die rooi geploegde akkerland waaruit die boer by goeie jaar sy mielies, ál sy graan vergaar. 'n Enkele perske, aan die lug gewénd, dra daar sy goudgeel vrug, en bied, gedroog, in wintertyd, 'n skaars-verkrygbre soetigheid. Dit is die plasie wat daar leg, só rustig in die wydte weg-- 'n koninkrykie op homself waaroor 'n helder hemel welf. III Nou ry 'n ruiter oor die rant. Die bodeur 's oop al as hy kom; net die onderdeur se werwel draai 'n vrouehand by die aanklop om. Sy groet as sy hom binnelaat, en vra hom wat sy wense is: hy moes maar bietjie sit as sy gaan om pa te sê dat daar mense is. Sy skuif verby met mooie buig en stap met ligte voetstap weg. Die vreemdeling sien skrams nog net haar volle wese en hare-vleg. 'n Glimp, 'n glans, 'n gouigheid, nes of 'n gees verskyn. Maar nooit sal in sy lewenstyd dié ligbeeld uit sy siel verdwyn. So half-verleë, asof bespied, laat sy haar hande strelend gly oor halme wat in volle saad hul hooghef aan haar wedersy, en saai 'n handvol grassaad heen, denkend so in verbygaan dat by seëning van wind en reën, 'n enkele wel sal wortel vat. Intussen kom haar moeder met 'n lekker koppie koffie aan; sy sit gesels en sien haar kind al verder na haar man toe gaan. IV Hoe lyk dit of die plasie so allénig in die wêreld leg? Is daar geen ander plase omheen-- naby en verderweg? Ek sien daar nog geen telegraaf of kronkelende spoorwegbaan; geen stofferige heuwelpad wat na die trekkerswoning gaan. Net oor die werf, met kweek deurwas, lê duidelik in kronkelspoor-- so loop die mens se voet altyd-- die voetpad na die watervoor. En verder, aan die werf se kant, juis waar die hoë halme waai, sien ek 'n tweelingstrepie wat bevallig deur die velde swaai. Die tweeling-spoortjies, so gering, met die maanhaar tussenbei, is die kompas wat trekkersboer deur skraal bewoonde streke lei. Dit is sy seker spoorwegbaan, meteens sy wisse tel'graaflyn, waarlanges gaan sy tripp'laar en sy stadige ossewa-trein. Wanneer die land kom in gevaar, dan sien jy langs die lyntjies gly 'n wakker stoet van burgers wat op wakker perdjies ry. V Die moeder kyk maar al weer uit, die tyd begin nou lank te val;-- daar is haar dogter by haar man, en ja, daar kom hul al!... "Dag neef! Is dit die oudste seun van buurman Koos miskien? Ek het hom so 'n dag of wat vir die eerste keer gesien." "Oom ja, en pa laat vra om saam in een geselskap op te trek: alléén sal ons te vreemd ons voel op Perdekraal se saamkomplek." "Sê vir jou pa dis goed, my neef. Kom maar die middag bietjie vroeg, dan ry ons nog 'n aandskof en is daar die môre vroeg genoeg. "Kyk, daar is Perdekraal, daar waar die laaste heuwels rys." Oom buig hom oor die onderdeur terwyl sy vingers wys. "Wel, oom, dis goed, ons sal so maak." Dan sal hy ook maar weer vertrek. Hy gooi die teuels oor sy perd en ry weer oor dieselfde nek. Bo-op die nek loer hy verlaas versigtig nog na agter om, of hy nog iets kan sien, maar nee, die nôi het nie weer uitgekom! VI o, Die eensaam-huiswaartse rit, en die eerste gedagtes aan haar! Dit is die eerste keer dat hy die uitdraai-paadjie nie gewaar... Hy is verdwaald, en dis al aand... Sy droomgedagte is skielik weg, maar nou sit hy 'n plan te maak-- wat, tuisgekom, te seg. Sy mense sit aan tafel as hy inkom met 'n stram gesig en kort en goed sy boodskap doen met oë op sy bord gerig. "Maar, Willem," vra sy suster hom, "wat kom jy dan vanaand so laat? Het jy heel-middag daar gesels en so jou tyd verpraat? "Ma, hoe lyk Willem vir my so snaaks? Hy is tog dalk nie doodgegôi geraak nie in die stilligheid op die Transvaalse takhaarnôi?" "Bly stil!" so sê hy nukk'rig-kort, "Die oom daar was eers vér opsy, en by die huistoe-kom het ek verkeerde pad gery."... Nou word dit langsaam stil aan tafel, stil word die borde- en messeklank. Die vader lees 'n stukkie nog, en sluit met lof en dank. VII Die donserige maanlig-nag die daal so sag, so sag al op die huis en werf en plaas waar net maar één hou wag. Oom Koos se huisgesin het weer van werf en werk teruggekeer; en maanlig-nag lê van sy pluim op elke oog 'n donse-veer. Die mense-gees, vry in sy lug van onbegrensde wêreldvlug, keer in die donker liggaamshuis ook weer terug. Dan gaan die deurtjies almal dig; dan worstel daar by halwe lig die hart wat waak en wat die droomwerk moet verrig. Net Willem slaap vannag nie gou. Hy loer hoe deur sy raampie nou die maan 'n sagte lig laat val of buite lag oor trane-dou. So voel hy hom: weemoedig-bly. En ook so rein, so rein daarby, soos maanlig wat met blanke voet oor pêrels van die dounag gly. In slaap sink hy dan eind'lik weg; hy hoor die woord weer wat sy seg; hy sien haar gaan weer oor die veld; hy sien ook weer haar harevleg. Sy slaap duur tot die son hoog skyn, die maan laag aan die lug verkwyn, beeld van sy droombeeld wat nou bleekrig weer verdwyn. VIII o, Die oggendstond op 'n boereplaas! Daar trek al op die eerste rook. Hul het gistraand die vraag beslis wie se beurt of dit môre is om ketel te kook. Die môrester het opgegaan; daarbinne roer al een; daarbuite bly die rokie draai, omdat daar nou geen windjie waai deur vroeë môrewêreld heen. Die haan het op sy beuel geblaas; hy spring al van sy tak; 'n mens sal sê dat hy die baas (so stap hy) is van werf en plaas, en die transport dra in sy sak. Hom volg sy vriend, die kallekoen, 'n oue towenaar: hy worstel met sy slange wat hy nukk'rig teken in die pad se stof, met duister vlerkgebaar. Die kraalvee is al moeg gelê; hul rek die groot, stram lywe uit. Daar kom die Kaffer ook al aan wat koulik oor die douveld gaan en eers die kalwerhok ontsluit. Sy emmer ruis van pure musiek, so vloei dit nou uit volle speen; musiek ook vir die kalfie als hy kort-kort om sy moeder wals op nog onvaste horrelbeen. Maar kyk hoe staan die osse met groot oë na die hek te tuur, totdat die laaste hinderpaal word uit die mikstok uitgehaal waaraan hul saans hul lywe skuur. Die son gaan op, die vee verdwyn. Net in die onverstoorbre vert' 'n ossespan stap voor die ploeg, en agteraan die man wat swoeg by 'n rukkerige stert. Die môre smelt weer met die dou, die vrede alleen bly soos dit was. Net 'n hen spring van haar eiers af met groot geraas, en die brakhond blaf vir die enkele kuiergas. IX Binne die huis is dit vandag nie al te rustig, want moeder en dogters moet bak en slag vir die groot fees van die land. En dan--die Kaffers is so baar! "Daar staan die brood al uitgerys en die oond is koud! Dis werklik waar, 'n mens moet hul ook alles wys." "In die ou Kolonie had jy nog oorlamse skepsels wat gou-gou leer. Wat het my man met die lang tog in vredesnaam makeer?" Maar die dogters staan hul moeder by met opgestrookte arm: dit knee die deeg en maak pastei; en die oond is ook al warm. Die jong goed kan nie so ernstig wees of 'n grap word tussendeur gegôi. "Hierdie tert is nie vir die fees, maar vir Willem se takhaarnôi." Net sluip weer Willem deur die kombuis langs 'n skemerdonker hoek. "Willem, wat loop jy so deur die huis nes 'n hoenderhen wat lêplek soek?" Hy swyg; verdwyn weer ongemerk; hy's met die saak verleë: die vrouens wat die wee bewerk (so dink hy) spot daarmee. X Die tyd van trek die kom weldra. Daar gaan oom Koos se ossewa, blou-bont geskilder; hoor hoe raas die wiele op pad na oom Gert se plaas. Al dadelik van die staanplek af dril die osse-lywe soos hul draf. Die vrouens roep: hul skud uit lid, só ruk en rammel dit. "Hôi, Willem, hou nou op met klap! Wat wil jy?... Laat die osse stap." So roep oom. "Watter haas is daar? Die middagson sit nog wie weet waar." Dit help so effentjies, maar dan praat Willem weer bo die rooibont span, en die ossedier, so stroef en stil, voel gou-gou wat sy drywer wil. So kort-kort teen 'n opdraand blyf die kettingtou nog taamlik styf, maar anderkant-af swaai dit somaar slap as die osse weer raak uit maat en stap. Hul is te veel, maar oom wil tog ook bietjie met sy beeste spog. En dan, dis so armoedig om met so 'n paartjies daar te kom; dáár by die plaas, daar by die fees waar soveel mense saam sal wees.-- Oom Gert se plasie haal hul as die son nog wakker straal. XI Ek hoor van vreemde lente melde as sangtyd wat genaak, wanneer die voëls in bome-velde singend hul nessies maak. Maar hier's geen sang in hoë twyge as skat van lentetyd, maar oral diep en ernstig swyge van velde kaal en wyd. Ek hoor van vreemde lente melde as tyd van blommegeur, wanneer veldblommetjies die velde versier met tint en kleur. Maar hier bloei hul in klein alleenheid, in aarde dor en vas; by ons is dit àl golwende eenheid van velde enkel gras. Só stil eenvoudig in sy worde, so sonder klank of praal, kom hier die lente in ryp-verdorde geweste neergedaal. Tog is ons lief sy eerste sprietjies, die grassies aan ons voet; tog leer dit ons weer nuwe liedjies van taaiheid en van moed. XII So het eenselfde lentelewe, eenvoudig, diep en waar, twee stille wesens sag omswewe-- vir Willem en vir haar. Daar was geen danse of sangerskore, geen klank of kleure-gloed; net liefde stil dié dag gebore by simple boere-groet-- Nog gaan in droomnag stil sy skrede na simple boerehuis; oom Gert se plasie is sy Eden-- sover haar voete ruis. Die kalwerhok is dan die plekkie waar hy so graag sou staan om, loerend deur die klipkraal-hekkie, haar heeldag ga te slaan. En nou ... hy kan dit skaars gelowe, sien hy haar wese weer, net soos 'n lenteson daarbowe skaamrooierig en teer. En nou ... sy gaan met hulle same, sit op die voorste wa, terwyl hy roep die osse-name met sweepslag agterna. En nou ... hy sien haar liewe kappie, gestik van enkel sis. En straks ... doen hy 'n klein vriendskappie as hul gelaer is. XIII Die vuurtjie brand hoog langs die heuwelrif. Die duisternis bedek die land, maar dis 'n duisternis waardeur die maan se melkies sif. Die vlamme dans vrolik in vuurge kring. Die mense sit 'n krans en luister swygend na die keteltjie wat sing. Dit is die trekkersboer se late lied wat wek sy hart en diep hom roer. Dit is sy vroeë môresang wanneer hy verder trek. Geen dans in woel'ge saal, geen lied van danseres bied hom 'n blye onthaal wanneer hy eensaam is-- geen drank uit volle fles. Sy vlamme dans en spring al rond die ketel-boom; sy ketel praat en sing en skink hom in die drank wat die ure laat verdroom. Sy keteltjie is swart al in sy diens gebrand: die trooster van sy smart die bly hom trou wanneer hy soek 'n vaderland. Die spoor lê oral in die ronde hopies as; en telkens as die dag begin dan swaai dit by die voorwiel, met 'n voorslag-riempie vas.-- Die vlamme dans nou rond in vuurge kring. Die mense sit 'n krans en luister swygend na die keteltjie wat sing. Hul aandag span nog meer wanneer oom Gert vertel die storie van Hendrik en Lettie en hoe gou hul twee geskeie werd. XIV "Hul twee is lammers van een jaar, hul huppel op een werf, tot arm sy vader trek vandaar en swerf. "Beloftewoord, en dan niks meer. En ... harte in pyn en hoop, wyl ryke minnaars kom maar weer om haar hart te koop. "Die jaartal skuif so traag. Gerug van sonde tot haar kom. Totdat hy bewend waag... hy is weerom. "Hul leed blyk dan 'n wolk so rein. Op huweliksdag 'n soete oorwinningsvrede skyn in purperprag. "Maar--die oorlogswoord roep haastig rond. 'Ag, Hendrik, hoe's ons droom so kort!'-- Liefs kort gedroom, as Britse grond en slawe word.' "Sy swyg. Sy perdjie huppel al na Laingsnek weg. Hy sink met wein'ge in Natal om ver te veg. "Dis duisternis en stille nag. 'My vriend, ek sterf by die eerste lig,'-- so spreek hy sag, 'maar Lettie wag haar eerste wig. "'Laat sy my verre graf hom wys en eewge trou laat sweer.' Hy sterf--die dure prys van vaderland en eer.-- "'n Moeder veeg haar trane af. 'n Kinderhand die kransie hou. Hul staan voor 'n gesonke graf. Dit was die eerste daad van trou." XV Die nag is heen, die môre is grys; 'n plaat van tente en waens wys waar Perdekraal se steenhoop rys teen hoë hange. Daar staan hul aan die grond gepénd die geweltjies so mooi orent-- die eie maaksels, tent aan tent, in suiwer range. o Trekkersvolk, my hart ontgloei! Ek sien hoe jul die vreemde boei verbreek het, om dan uit te bloei tot eie nasie. Nie net 'n eie vaderland, nie net 'n eie vlag geplant, maar àlles maak van eie hand-- geen imitasie! Hoe lê die tentseil, baan aan baan. Hoe wakker bly die nokke staan. Die klappies netjies oopgeslaan-- mooi eenheid same. Sy staan daar by die wa se as, die huis van doek, so lossies-vas, skoon nes in môredou gewas-- 'n blanke dame. Twee lang wit kappe in die veld: 'n wa en tent daarnaas gesteld, tweeheid tot eenheid saamgesmelt in sware stonde. Die wa--'n sterke man is hy; die tent--'n taaie vrou is sy. Jul het die nasie uitgelei, sy boei's ontbonde. Lig op haar voet net soos die ree en trekkend met die trekker mee bied sy hom tog 'n vaste stee in angs-geweste: as wolkbreuk beuk die witte wand, die sonstrale op die nokke brand of nagdier sluip oor donker land, 'n veil'ge veste. En as sy wa nie verder dring, hoor ek by wind haar fladdering die lied van boerbeskawing sing, stemmig-tevrede. Dan word haar seile trou bewaar: by feesdag net span sy 'n laer en straal haar seile dankbaar daar van groot verlede. XVI Oom Gert en Koos die sluit hul waens vas aanmekaar aan die buitekant en in 'n lyn met al die waens wat reeds in rye staan geskaar uit die omtrek van die Rand. Die lang grys wasems van die nag lê soos 'n slangrug in die dal; dit is die misdamp van die reën wat in Desember langs die Rand oorvloedig val. Daar in die miswolk dryf die kiem van perdesiekte, sê hul, rond, maar mens en bees, waarvoor die Heer die nuwe land gemaak het, is gesond. Reg-bo die vuurtjies van die laer styg stil omhoog die ligblou walm, en nou die son weer op wil gaan, styg uit 'n tent nog hier en daar 'n laaste psalm. Die osse word al losgemaak en veld toe aangejaag; 'n Kaffer stap hul agterna wat aan 'n stok sy velskoene en 'n haarge knapsak draag. 'n Enkele hamerslag weerklink van die wat laat kom, maar die meeste burgers is gereed en staan die landsaak te bespreek in klompies bymekaar. Die vrouens maak die brekfis al-- die tweede ketel sing; hul loop tent in tent uit en koes gramstorig vir die braaivleis-rook wat trane in hul oë bring. Straks gaan hul, of dit kerk is, in hul Sondagspak geklee na die vermaarde steenhoop heen; 'n ieder neem sy kerkboek en sy riempies-stoeltjie mee. Die predikant laat sing; hy lees en hou 'n nasionale preek. Dan vra hy ook nog vir oom Gert wat oral saamgetrek het, om die landgenote toe te spreek: XVII "My landgenote, julle weet hul het in Kaapland, vroeg en laat, 'n valse vryheidsleer verkondig; jul weet die Kafferbendes het met roof en moord en skelmery, die grensbewoners daar versondig. "Ons het getrek, eers na Natal, tot aan die see wat vir ons was 'n tweede en wilder Onbekende; maar nooit het trekkers moed of lus gehad om na die wildernis hul dapper trekkersvoet te wende. "Hul het daar deur die duinsand heen hul waens gedryf, en tot vandag staan daar die boerenaam geskrywe. Ons vyande 't ons daar gevind, ons uit-oorlê of aangeval, en uit dié Kanan weer verdrywe. "Ons laat aan Kaffervolk en Brit die mooiste deel van Afrika wat slinger langs die strande. Ons het gekies, om vrede vir ons voet te vind, die wildernis en altyd skraler binnelande. "God het ons eers gelouter en laat wraak neem op Dingaan se duisternis van Soeloe-horde, dat ons daar in die nuwe land, nes uit 'n smeltkroes voortgekom, 'n Gode-dankbaar volk sou worde. "En later toe die Engelsman ons weer gedreig het en gedruk, het ons die steenhoop dáár vergader. Hier van Transvaal se hoogaltaar het ons ons harte opgehef tot God Almagtig, onse Vader. "Jul weet hoe God gered het. Dink aan Laingsnek, aan Ingogo en aan Amajuba's hoë kranse. Wee ons as ons weer God vergeet, soos Israel by Sinaï, met wilde afgodsdanse! "Dan sal die steenhoop ons verkla. Ek roep tot my getuie aan die hemel en die heuwelrande! Dan sal ons hiér moet kerm en klaag, en rondom hiérdie heil'ge plek die tekens sien van al ons skande!" XVIII Die fees het weer verbygegaan-- na alkant sien mens waens, soos die boere in klompies weer vertrek... Hoe wakker staan die swepe-ry! hoe daal hul, en die voorslag klap om die osselywe op te wek! Nie lank nie of daar is weer fees; nou in oom Gert se huisie, waar Willem en Dina samestaan... Voordat die mense skei, vra nog die predikant dat hul sal hoor hoe hierdie bruilofsliedjie gaan: XIX _Bruidegom_ "Ek is 'n boerebruidegom wat uit die ou Kolonie kom. Ek is geen kind nie van die Trek, maar my hart sit op die regte plek; daarom het ek my vasgebind aan 'n egte, egte trekkerskind. _Bruid_ "Ek is die egte boerebruid, uit die egte takhaarwêreld uit. Maar ek kon my tog so goed gedra dat 'n kolonis my hand kom vra! Ja, die ou Transvaal is nie so sleg as wat die mense dink en seg. _Bruidegom_ "Ek is 'n boerebruidegom wat met my ganse rykdom kom. Ek het geen geld nie op die bank; maar het 'n wa met suiwer klank, twaalf rooies, jukke en rieme klaar, en ek makeer nog net vir haar! _Bruid_ "Ek is maar net 'n boerebruid, en gee my vir niks anders uit; geen jongman hoef hom te vergis, want ek is net maar wat ek is. Maar 'k het twee arrems, rond en sterk, wat regstaan vir die huishou-werk. _Bruidegom_ "Ek is 'n boerebruidegom wat net maar na die bruilof kom met stewels, en ook net dan dra die laken-pak en keil van pa. Anders is hul my lyf te veel en is dit velskoen en ferweel. _Bruid_ "Ek is maar net 'n boerebruid. Ek dra 'n kappie met 'n tuit. Ek knip die tabberds wat ek dra-- maar bietjie mooier!--moeder ná. Net die één waar ek vandag mee loop het vader by die smous gekoop. _Bruidegom_ "Ek is 'n boerebruidegom wat met lees en syfer klaar kan kom, en die kaart ken van Suid-Afrika wat ek daarso in my koppie dra. Wat anderkant die water, in die wêreld is, raak my maar min. _Bruid_ "Ek is maar net 'n boerebruid, ek laat nie my geleerdheid uit. As hul oor politiek begin dan luister ek en hou my in. Maar 'k sal my kinders eendag wel die storie van Transvaal vertel!" [Illustrasie: "Bo-op die grond rys al 'n stad / wat op die heuwels skitter-blink."] Goue Gode I Dis heuwels, heuwels, heuwels net sover 'n mens se oog kan speur; dis of voorheen 'n monsterploeg die wêreld hier wou stukkend skeur. Ja, God se ploeg het hier geloop in wentelkrag van vloed en vuur toe heel die hoogland omgekeer is in die aard' se wordings-uur. Die reuse-sooi van daardie ploeg 'n berg was of 'n hoë rand; en elke voor daaragter was 'n vrugbre moot of akkerland. God se almagtige Hand het toe daaroor gegaan met groot geswaai, sodat 'n ganse goudveld is in die aard se boesem uitgesaai. Daarna het Hy die eeugety stil oor sy akkerveld laat duur, sonder dat een die geelblink vrug versamel in sy voorraadskuur. Geen Babilon se reusebeeld is uit die goudsaad saamgesmelt; geen wêreldstad se grootheid het geskitter oor die heuwelveld. Net Kaffervoete 't daar gegaan wanneer hul hordes vlug of veg; en die ondier het gelaer waar die skatte van die wêreld leg. II Die taal van berge en rante is oud. Ek sien die letters voor my staan, die skeure omlaag, die kranse omhoog; maar dis 'n skrif wat nooit vergaan. Die taal is geskrywe met letters van kranse en klowe en rif; dit lê oop en bloot op die wande, ... maar niemand ontraadsel die skrif. Die kranse en klowe is woorde tot reuse-sinne vereen, en die stippels en strepe daartussen is tot massas rotse versteen. Dit is die taal van skeppings-dae, die taal ook van die sondvloed-tyd, waarby die late mens verbysterd staan klae van onwetendheid... Spreek daardie taal van hoë waters teen hoë bergwand uitgeslaan, en van opdrifsels eeue later tot kransversténing oorgegaan? Of spreek die taal van vuur se werking, van vreselike wêreldbrand toe berggevaartes op kom rys het uit die aard se vuurge ingewand?... Die sleutel van pylskrif-figure en hiërogliewe is gevind; maar hier staan al die wyse same onwetend soos 'n kind. So swyg ook stil die Rand se rante. Ja, die skeppingstaal is al te oud!... Of spreek hier gryse lettermerke miskien al lank die woord van: Goud?... III Nou loop 'n loper oor die Rand wat rooi is in sy aangesig; hy sien niks van die skone land, maar hou sy oog omlaag gerig. 'n Kaffer sukkel agter hom en dra sy loodswaar pak: 'n vysel, stamper, pikswart kom met goeters in 'n goiingsak. Hoor! dis geen vooros-klok gewis wat lui op die anders stille Rand! Die klankgeluid is anders, dis die stamper op die vyselkant. Bo stugge rots--nog nooit getref as deur die slag van donderweer-- word nou die hamer opgehef en mokerslag daal dreunend neer. Die rots word gruis; die gruis word stof; die wasbak spoel dit om en om, en delwers-oog speur rust'loos of die goud-en ysterstrepie kom. Daar is dit! en hoe bly is hy! Die goud-aar is oplaas geraak... Die outa sien 'n os wat wei, en dink: "Hoe lekker sal hy smaak." Die rots word nog 'n keer gestamp ... en in die spoelkom omgewas. Die delwer gaan dan na sy kamp ... sy dienaar hurk daar by sy las. IV Ons sien nou weer die loper loop. 'n Tolk en hy het keer op keer met omhaalwoorde geprobeer of hul oom Gert se plaas kan koop. Oom Gert was na Pretoria: hy het hom met sy sorg gewénd na die vaderlike president, en dié het hom geantwoord: Ja. Maar ag, oom Gert se hart is swaar as hy weer kom die bultveld oor; daarbinne moet hy almaar hoor 'n stem so lastig, so onklaar: "My plasie is my Nabots-erf wat met sy weiveld wiegel oor die Rand. Moet ek dit nou verloor vir Agabs, om dan rond te swerf? "Gewetenstem naas lotgeval! Die stem is Jakobs stemklank, maar die lewenslot 's die Esaus-haar, en ek is blind soos Isak al!" So het hy lank gepeins, gewag, tot hy oplaas dink: "Laat maar gaan." Hul bied hom tweemaal duisend aan, en daarmee is die koop volbrag. Oom Gert maak nog sy saak gewis: hy vra net goudgeld en kontant, en dat sy eie predikant sal tel of hulle almal is. V o Heilige nagte van voorheen as die maanlig skaars in die huisie dring, waar oom Gert lê waak, soos die psalmis sing, om te peins oor God, die nagte nog lank, na skeppings-maak, deur geen kunsglans nog verkort; as die mens nog tyd het om wakker te word en te peins oor God. Die vetkers het maar kort gebrand om te lig oor die oue Skriftuur wat die stof bied in die vroeë uur om te peins oor God. Die siel doen soos die blomkelk dan wat die blaartjies sluit by nag, en stil-alleen op die son staan wag-- so peins die siel oor God. Dit doen net soos die voël by nag, wat die vlerk nie vliegend meer wil strek, maar die koppie in die dons gaan dek-- so peins die siel oor God. Dis doen en doen en nog eens doen, totdat uit hoër, heil'ger oord verruis die saalge stemmingswoord-- as die siel stil peins oor God. Totdat 'n ligstraal na benee val in die oog omhooggehou, en die siel dan weer sy God aanskou-- terwyl dit peins oor God. Dan voel dit weer aan wyding ryk en beef stil opwaarts-heen met groot verlange om nog oor God te peins. Maar ag, nóú is oom Gert vol sorg, en sy bed is vuur onder hom: 'n ander god het daar gekom, en die naam van die god is: Goud. VI Voorheen was in oom Gert se huis 'n sjieling net so skaars te kry as in 'n bedelaar se kluis-- en tog was daar geen armoed' by. Oom Gert se huis kos hom geen geld: hy't self die muurtjies opgetrek, die gras gesny op eie veld, en toe met eie hand gedek. Die hout was geelhout wat gesaag is in die Houtbosbergse kuil, vandaar met moeite uitgedraag en oral in die land verruil. Sy meubels is van eie maak, en wie daarop gaan sit die voel: dit is geen goed na vreemde smaak, maar boer se eie bank en stoel. Wat op sy tafel kom is uit sy eie tuin of uit sy kraal-- daar's brood en melk, daar's boerbeskuit en vleis, dit is die sober maal. Hul klere kies hul so gering, dat hoë ruil nie nodig is. Die smouse het dit rondgebring: ferweel en tabberdgoed en sis. Ja, geld was skaars en goud was min, maar min ook die onrus en gebrek; daar was geen ryke of arme in die land, niks wat die onrus wek.-- Hoe het die wêreld nou gedraai! Hoe word oom Gert se vrees gewek! Hy sien sy goed al opgelaai en hoe sy wa weer noordwaarts trek. VII "Kom kinders, ons moet trek, want hier kan ons nie bly; as ons hier langer bly, sal hulle ons weer kry. "Ek het my grond so lief, my vrye plaas en werf. Vir hierdie plaas en werf het ek voorheen geswerf. "Kom kinders, ons moet trek, dit is die boer se plan, en daar's geen ander plan. Laat almal trek wat kan!" "Ag, vader, moenie trek," sê Dina, "laat ons bly, want waar ons trek of bly, sal hul ons tog weer kry. "Ons kan nie immer trek, ons kan nie immer vlug, saam met die wild wegvlug vir mensgerug. "Ons woon al lank so stil; laat ons nou maar geniet, met eerbaarheid geniet van wat die wêreld bied." Wat sal oom Gert nou doen om die onheil af te weer as Dina haar verweer, met sagte woord hom keer? "Ek voel 'n ding wat kom, my binneste die werk net soos die miertjies werk wat verweg storm bemerk. "Nou ja, ons sal hier bly, op die uithoek van die plaas, van die ons ontvalle plaas maar vér van stadsgeraas." VIII Bo-op die grond rys al 'n stad wat op die heuwels skitter-blink; dit was 'n reeks van kampe eers, getimmer uit hout en sink; maar nou 'n wêreldstad meteen, en massas delwers trek daarheen. Oom Gert het so iets nooit gesien: die suiwer lug is troebel-vuil, en helder stroompies van weleer dam nou in donker modderkuil. Die grond voorheen so skoon en rooi is nou met steenkool-as bestrooi. Al bo die stad, en verder, sweef 'n swart-deurrookte deins'righeid; dit lyk net soos 'n veldvuur wat hom uitsprei oor die velde wyd. En saans dan slaan 'n rooi gegloor soos veldbrand al die heuwels oor. In boeredorpe het hul eers 'n kerk gestig op wye plein, waarom vergader, hier en daar, die grasdak-huisies, laag en klein. Maar nou word eers, en wondergou, 'n groot hotel daar opgebou. Daar is geen Son- of Maandag meer; dit vleg en kronkel deurmekaar, en saans, nog lank na middernag, het die gewoel nog nie bedaar. Die wêreld maak oom Gert nou dom wat selde in die stad meer kom. En as hy in die sonlig sien hoedat die stad lê flikker-beef, of saans bemerk die dof-rooi gloed wat opwaarts na die hemel streef, dan dink hy: 's Dit nie wat ek lees van Babilon en van die Bees? IX Die nuwe wêreldstad die lê tussen die twee families in. Een kant is Willem en oom Gert, en ander kant daar boer oom Koos nog met sy talryke gesin. Die wêreldstad lê tussen hul, want, ja, die vriendskap is geskeur. Is dit miskien die profesie van wat op later dag nog met die hele nasie sal gebeur?... Dina het Engels gou geleer, en ook so mooi leer sing... Sy het verlaas oom Koos besoek om hom saam met sy huisgesin tot vriendskap met die stad te dwing. Sy praat van meegaan met die stroom, van nie so alles te vermy. Maar nee, oom Koos het vas besluit dat hy met sy geslag op die ou-ou boere-pad sal bly. Sy sing oplaas vir hul 'n lied om so hul harte nog te vang. Oom Koos die volg dit met 'n sug en dink aan beter tyd terug wanneer hy hoor die mode-sang: X "Stad waar die ligte newels swewe, waar ligte luggies skitter-bewe; stad op 'n hoogland uitgebou, ver-sigbaar by die hemelblou-- Johannesburg jy's waarlik ja die glorie van Suid-Afrika. "Van digte donkerheid omgewe het Boer en Kaffer hier gelewe; hul kon die goudstraal nie ontdek wat die beskawings-lewe wek; geen boeretent of ossewa kon lig bring vir Suid-Afrika. "Geen trekker bring hier nuwe lewe, maar deur 'n hoër drang gedrewe, kom pionier en delwer aan wat goudvonke uit die rotse slaan. Johannesburg die was weldra die ligpunt van Suid-Afrika. "Johannesburg is hoog van strewe, wat laag is word nie neergedrewe, maar naturel en trekker-boer word uit hul onkunde opgevoer. Johannesburg is waarlik ja die glorie van Suid-Afrika. "Johannesburg is hoog verhewe, die koningin uit lig gewewe; haar goue beeld sal wonders doen, sal immer ophef en versoen. Johannesburg sal steeds hierna die glorie wees van Afrika!" XI Blink is die saal van lampelig; gloed-helder blink hulle aangesig. Warm is die saal van somergloed; warm en onstuimig die hartebloed. En kringlend sweef daar bont deureen die danseresse op ligte been. Maar Dina is die skoonste as sy haar liggaamskoon in dans uitsprei; en Willem, die gewenste man, sien van die kant die skouspel an; terwyl hom loof 'n kring van mans dat hy só 'n vrou leen vir die dans. Daar word gebuig, gevra, geswaai, die arrems in mekaar gedraai. * * * * * Dan rus oom Gert, in slaap gesink, waar net Gods sterre in stilte blink. Rus?... Nee, hy sien op donker muur, in helder letters van hemelvuur: "Geweeg, geweeg, te lig bevind!" Dan roep hy: "Ag, my arme kind!" Sy vrou die stoot hom saggies aan, maar berg ook self 'n snik en traan. * * * * * Dof word én saal én walsgeluid, en langsaam gaan die lampe uit... Leeg is die saal... Op tafelblad staan leë bottels in hul nat. En eind'lik, ná die sondenag, staan weer daarbuite 'n ander dag. XII [A] 'n Warrelwind, die dagspook wat so plots ontwaak, en plots op straat of in die pad sy dans-swaai maak-- is hy nie soms die bode van 'n storm wat naak? Papiere, blare, voddegoed, van stof deurdring; geswaai, geruk, soos in 'n tregter opgewring, kry skielik lewe en asem, hul dans in 'n kring. Is dit 'n gees, haastig gedaal uit hoër lug, wat van 'n naadrende onheil bring die voorgerug?... Kyk hoe die loom-lui stof geswind sy voet ontvlug! Of is dit dalk 'n toorheks wat puur uit 'n grap, op straat al in die rondte wals met ligte stap, en met die voddegoed en stof kalkoentjies trap?... * * * * * Rumoer'ge warr'ling langs die stof-vuil straat; binne die sinkgebou staan al 'n mense-plaat, en op die platform staan 'n klomp klaar om te praat. Uit alle wêreld-oorde saam gewarrelwaai, lyk hul oom Gert soos hane wat staan koningkraai; wanneer hul veg vir stemreg met 'n groot lawaai. Intussen pak die stormwolk al op Tafelberg; en anderkant die water is 'n leeu vererg wat nog in sagte woorde-klou sy naels verberg. Oom Gert is moeg van die tumult; ryp is sy plan: hy self met honderd ander storm; gryp pote van die stoele, en slaan op kop en lyf so wat hul kan. Die helde vlug na alle kant die deurpoorte uit. Van lae galery vlug hul deur vensterruit, totdat 'n al te dikkert daar op half-lyf stuit. Oom Gert laat hom dit dugtig op sy sitplek voel. Die dikkert skreeu sy buitevriend: "o Pull, John, pull!" Oom Gert die slaan; die dikkert roep: "o Help, John, pull!" [A] 'n Beskrywing van die stemreg-agitasie. XIII Is 't oorlog?... In oom Koos se huis woel almal net om klaar te kry. Daar word geslag weer en gebak, en buite voor die agterdeur trek reeds die seuns die bokwa reg om op te pak. Die harte voel nie lekker nie, die woorde het angstig-min geword-- soos steeds by donker voorbesef, by die vergeefse angsgevraag van hoe en waar die ontwaakte lewenslot sal tref. Lughartig praat 'n enkele seun hoe hy die Engelsman sal skiet, maar moeder maan: My kind, my kind! Die seun wyk willig vir die woord, want, ja, daar was 'n kleinigheid wat hy nog aan sy saal wou bind! Dis amper klaar... Daar kom hul aan, die burgers van die omtrek, want oom Koos die is nog veldkornet... Straks staan hul, teuel in die arm en met geboë hoof, want een gaan voor in smeekgebed. Die vrouens staan effens opsy, met arrems oor mekaar gevou, nou dat hul taak is afgedaan. Nou kan hul eers hul smart besef, en enkle droog met voorskoot-punt al die eerste oorlogstraan. Dan skuif en skok, met gang en draf, die burgers op hul perde weg-- dit lyk somaar 'n mengelklomp! Maar tussen hulle flikker-blits geweldig in die lenteson die blinkgemaakte mauser-tromp! Oom Gert wat hom meer tuis voel by dié ruiterskaar--hy het oom Koos sy krygsmansdiens al aangebied-- die luister hoe die jongspan in hul oorlogsblydskap sing die klanke van 'n oorlogslied: XIV Kom, burgers, trek die perde reg: nou vrou en kind goeien-dag geseg! Jongkêrels, los die nôi se hand; en seuns, verlaat jul moeders, want daar gaan 'n strydroep deur die land! Gryp nou die teuels bymekaar-- die vierkleur is weer in gevaar! Die regterhand gryp die visier, die bors oorkruis 'n bandelier; die spore in die sonskyn blink, stiebeuels teen mekaar weerklink, die ketel aan die saal rinkink. Kom, burgers, hou nou bymekaar-- die vierkleur is weer in gevaar! Laat aan die trippelaar sy pas, maar hou die vuurge hingste vas. Die agterstes moet ingalop tot binne-in die ruiter-trop-- die ponie en die bossie-kop. Kom, burgers, ry so bymekaar-- die vierkleur is weer in gevaar! Trek burgers, almal nou geteld, al voort maar deur die wye veld, en of jul al omlaag verdwyn of op die heuwels weer verskyn-- wys altyd weer die slingerlyn. Kom burgers, trek so bymekaar-- die vierkleur is weer in gevaar! Jaag, burgers, jaag oor rant en rots wanneer jul teen die vyand bots. Ruk in, spring af en pos gevat aan die onwrikbre ryperd-blad. Mik fyn, kyk waar die stoffie spat! Staan, burgers, staan dan bymekaar-- die vierkleur is weer in gevaar! En moet jul val, val dan met eer, met die oog die vyand toegekeer; val op die grense, man en perd, die oue vierkleur is dit werd, en die eerkroon wink al uit die vert. Val burgers, val dan bymekaar-- die vierkleur is weer in gevaar! XV So sing die jonges vol van vreugde, maar ag, oom Gert se hart is seer as hy straks diep en dieper peinsend gaan langs die slagveld van weleer. Dáár lê Majuba, donker kleurig, sy sye een en al terras; dis of die berg van alle eeue vir wonderdaad geskape was. Daar lê Laingsnek; dis of Gods hande dit vir 'n skanswerk uit wou bou. En daar's Ingogo's kronkelbedding-- net om die vyand op te hou. Daar's nog die wonderlike hoeke, net om die vyand vas te keer; maar ag, oom Gert voel nou so anders, sy hart is onverklaarbaar seer. Hy sien nou oral groot kanonne, hy weet nie of die ding sal gaan. Die treine voer nou alle soorte van wapens uit die hoofstad aan. Daar is hom ook so baie mense, en baie goed word aangevoer; voorheen was daar so min maar nodig: 'n ryperd, biltong en 'n roer. Dis nodig, ja, die tyd die vorder, en daarom swyg hy maar en kyk. Maar heel die Amajuba-wêreld, alles wil hom so anders lyk. Tog leef hy weer, die troue krygsman, al trek hy nou maar same net: 'n oorlogsperd die stamp en runnik wanneer hy hoor die krygstrompet! XVI Verlore!... Die dag van stryd het mooi begin, die burgers trek verwinnend in, en boerename 't binnekort oral 'n glorie-klank geword!-- 'n Pragtige môreglore! Maar onder in oom Gert se hart kom effens al, nog diep-verward, 'n fluisterstem na vore: Verlore, verlore! Verlore!... Die dag van stryd begin so goed, Suid-Afrika lê aan hul voet... Die Boer moet Afrika regeer! Gryp gou, voordat die kans kan keer! Buig uit die grense na vore!... Maar nou kom daardie fluisterstem, diep in oom Gert se bors geklem, so duidelik na vore: Verlore, verlore! Verlore!... Rookwolke nader uit die suid en sprei hul oor die aard-breedte uit; oor Drakensberg se veil'ge top skuif swaar 'n donderonweer op; die storm sing in wilde kore! Oom Gert se stemme, in hom bekneld, kom nou daar buite op berg en veld al donderend na vore: Verlore, verlore! Verlore!... Oom Gert die kon nie verder vlug, en sit nou, met sy vrou, te sug agter die ysterplate vas, daar waar hy eertyds vryman was en sy vryheid is wedergebore! Die fluisterstem daarbinne kom nou deur die ysterplaat weerom as huilende windstem na vore: Verlore, verlore! Verlore!... Die dag van stryd hou lank nog aan-- dis of die son nou stil gaan staan. Maar eindlik roep hul rond: "Verby! dis vrede, vrede weer, wees bly-- al is die vryheid verlore!"... Dan keer die wilde stem as sug weer in oom Gert se hart terug; en dring dan weer altyd na vore: Verlore, verlore! XVII Die oorlogsfakkel is gedoof, en die oorlogskamp word oopgesluit. Die nuwe tye, hooggeloof, kom met gejubel, lank en luid. Die burgers kom van oral an en raak al met hul lot versoen. Maar net oom Gert, gebroke man, wat sal hy in so 'n wêreld doen? Want ook sy troue vrou is dood-- die lewe van 'n handjie meel en van 'n brok genadebrood was haar as boerevrou te veel. Willem, sy skoonseun--hy't vir hom die boerdery eers waargeneem-- is skout, en het nie teruggekom. Hy's seker nou totaal vervreem! Oom Koos weer het sy grond verhuur, en trek die hoë Bosveld in, die Randse lewe is hom te duur en skaadlik vir sy huisgesin. Maar Dina--waar is sy en wat? sy die altyd skone boerevrou?... Geheel verslingerd in die stad en will'ge prooi van vreemdes nou! Wanneer oom Gert van Dina hoor, verbysterd al deur smart op smart, dan roep 'n dubb'le stem: "Verloor!" en dubb'le swaard gaan deur sy hart. Geen antwoord is daar op die stem wat vlymend deur sy siel nou gaan; maar as die leed te vinnig klem, roep hy: "Dit het die stad gedaan!" [Illustrasie: "Dié vaal-wit hopies dek hul bei, / vader en dogter, sy aan sy!"] Groue Grawe I Dis heuwels, heuwels, heuwels net sover 'n mens se oog kan speur: maar heuwels sonder struik of gras, en droewig-vaal soos as gekleur. Langes die heuwels staan 'n ding soos die houtgeraamte van 'n huis, waarbowe rust'loos wiele draai wat die waentjies optrek met die gruis. Die heuwels is party al oud; verlate en vasgereën party, en storms het baster-klofies in hul naakte ribbes ingesny. Die ander is nog in die maak van poeiergrond of gruis nog grof; en as die wind die fynes vat, dan trek daar tuite stof. Die heuwels lyk soos duine wat in blankheid rys aan verre strand-- dáár rys hul uit die blou-diep see, hier uit die aard se ingewand. Hier's ook 'n dreuning soos die dreun van sagbewoë wêreldsee, en winde wend, dan hier, dan daar die dowwe dreuning met hul mee. * * * * * Maar waarom is die heuwels dan so hoog en ook so bleek? En waarom is die dreun so diep, so droef nes een wat smartlik smeek?... Hul sê die duine aan strand is die grafheuwels van wie sterwe in see; en daardie droewe dreuning is die klag van wees en weduwee. Maar hiérdie heuwels, heuwels dan wat ook so hoog is en so bleek? En hiérdie droewe dreuning dan wat klaag soos een wat smartlik smeek?... II 'n Agtal jare is weer verby. Die boereplase is opgebou, die platjies is weer huise nou, die woeste leegte 'n landery. Gou ruk weer alles in verband-- Suid-Afrika's 'n wonderland! Maar net oom Gert se lewe kwyn. Sy hart is nie meer in die werk, sy wank'le bene is al onsterk, en ook die plasie word te klein. Die lewensreggie, kort van duur, wag net nog op sy sterwensuur. Wanneer hy die omtrek saans beskou, hoedat die huis-tal groter word, die vrydom steeds word ingekort-- dan sê hy: "Ja, daar is dit nou! Die vroeëre boere-paradys is nou één molshoop, groot en grys. "Hier bly net hope en holtes lê: die vreemd'ling kraak die neut in twee waarvan hy ons net doppe gee, maar al die neutvet dra hy weg. Ons goud gaan na 'n vreemde strand-- Transvaal bly lê: 'n armmans-land! "Die voorpos van die armes woon in Blikkies-dorp se kronkel-sink wat ver soos bottelstukke blink. Hul lewe van 'n hongerloon in huisies aanmekaar gepas en jaartjies vol van steenkool-as. "Ag, arm Transvaal, waarvoor ek vrees, jy't Afrika voorheen geroer tot wakkerskudding van die boer-- sal jy nie nou die laaste wees? Jou heil'ge eersgeboorte-reg word op die mark te koop geleg." III Oom Gert het min verwagting meer. Nog één ding hou hom aan die loop, dit is die vleugie van 'n hoop dat eens sy dogter weer sal keer. Die droewe en tog verbede dag, daar bly sy siel nou stil op wag. Sy hopie word hom aangesterk deur 'n storie in 'n boek gelees: "In Skotlands berge is 't gewees, en 't was ook daar 'n stad se werk. 'n Eenge dogter in haar fleur is uit die vadershuis geskeur. "Nie wetend waar sy swerwend gaan, kon haar vader net nog bid. Geen grendel is snags opgesit, maar deur die deur wat opestaan, flikker 'n kersie heelnag lang, wat haar by weerkoms moet ontvang. "En ja, sy het eennag gekom! Die trekking van die ver-oop deur, en kersgeflikker deur die skeur, die stille bede-heiligdom-- ja die gebed nog allermees-- was 't vir haar hart te sterk gewees?... "As sy haar vader wenend kus, bars die oue ook in trane uit: 'My kind, die deur was nooit gesluit en daardie kersie nooit geblus; dáár het ek biddend, nag aan nag, geduldig op jou koms gewag.'" * * * * * Maar ag, oom Gert se hart is bang; want as die jaartal al maar slyt, dink hy: "My hoop is ydelheid, my wagte duur tog al te lang; my lewensdaggie's netnou om, en dan het sy nog nie gekom." * * * * * Die mense vier al Unie-fees!... Hy, arme, sal ook maar gaan kyk hoedat die nuwe wêreld lyk-- wie weet, miskien sal sy daar wees! Sy eensaamheid verlaat hy dan en kyk die vreemde wêreld an: IV Hoe mooi het al die stad geword! Hoe slinger, soos 'n krans, omheen die villatjies in keur van steen en wisseling van boumodel! Hoe mengel hulle kleuretint, van helder-wit tot donker-dof, omlaag, omhoog; dis alles of 'n kunst'naarshand hul plek bepaal. Hoe groei die bome in die rots en bloei die blomme in kleure sag, vlak teen die rant se wilde prag, asof dit nooit nie anders was. En dan, die golwende verskiet van bulte en bosse, al deureen, totdat die oë vasslaan teen Magaliesberg, die groot blou reus. ('n Bietjie goud maak baie mooi, en--dis maar krummels van die groot, uit louter goud gebakte brood, wat na Europa word vervoer!) Ook saans nog wyk die mooiigheid nie heeltemal nie, want dan blink 'n see van liggies; mens sal dink die sterre 't uit die lug geval. Die stad self lyk nou een en al koopmanspaleise opeengehoop, waartussen al die mensies loop wat vreselike drukte maak.-- Oom Gert sien niks van al die skoon. Die agterbuurt, daar dink hy aan waar die blikhuisies almal staan, en alles vuil-armoedig is; bedink maar hoe die mense woel waar huise en stof die son versper, waar sawends skyn geen maan of ster, en net die lampeskynsels blink. Hy sien skoorstene en steenkoolrook; hy hoor die treine met hul haas; hy hoor die myn se toeter blaas, en 't gaan asof die aarde brul. Hy dink dan aan die myn-graf waar die mense lewendig in kruip, om soos erdvarke rond te sluip vir bietjie geld en--longekwaal. Hy dink aan ander duisende van mense, voorheen eerbaar-braaf, vir wie die skandgraf word gegraaf wanneer die goud rys uit die grond.-- Maar--daar is fees bo-op dié graf! Nes die ou tyd waar oom Gert van lees, dat mense hou 'n dansersfees wanneer die "swarte dood" verwoes. V _Die môre van die Unie-fees_ Oom Gert sien die soldate in kakie langs die strate. Hy sien die oorlogslans se lintjies vrolik dans, die sabels en gewere, kanonne en helmet-vere, op die paradebaan. En agteraan?... Hy sien die oorlogs-wees wat deelneem aan die fees-- 'n kinder-keurkommande met skewe hoede-rande; 'n ganse skaar kadette met roer en bajonette-- al agteraan op die paradebaan. _Die môre-godsdiens_ Vroom geklank! Mense dank, almal mede, vir die vrede 'n Opperwese. Want genees is en verbonde is al die wonde; rassevete [B] 's al vergeet. Met veréénde klank rys die vreugdedank! [B] Rassetwiste. _Die middag_ Hy hoor die geluid van juublend gesketter, die vrolike klank van simbaal en trompetter, gedra op die dreun van die oorlogstamboer wat dond'rend soos onweer die harte kom roer. Daar's wapenbeweeg wat yslik weerklink; kanonwaens kom aan en kettings rinkink. En hy hoor daarna: Hoera! Hoera! Hy hoor die tred van die oorlogswees, sy voete gedril vir die Unie-fees! Hy hoor 'n gesang van sy lippe weerklink as hy bly en verruk uit die feesbeker drink. 'n Hosanna gaan op uit die kindermond, en die skare juig saam in die vrolike stond; En hy hoor daarna: Hoera! Hoera! _Die aand_ Vreugdevure deur die land... Mense juigend om die brand! Vreugdepyle gons omhoog en ontplof hoog aan die boog; bly-verwonderd bly die skaar na die skitterkleure staar. Oom Gert gaan vroeg die aand na huis, want een ding staan by hom nou vas: dat hy nie in dié wêreld pas. Hy het 'n beter dag geken en is te oud om nog te wen aan al die vreemdigheid van nuwe koers en tyd. Hy slaap laat in met diep gesug, en in sy droom kom weer terug die wese op die paradebaan, die kinders wat hosanna sing, die mense wat mekaar verdring om rond die vreugdevuur te staan. Ook kom hom deur sy droomnag speel 'n enk'le krygs- en kamptoneel; 'n moeder by haar kind aan waak, 'n stryder sterwend vir sy saak. En as hy opstaan kom die vraag: My Dina, ja, was sy ook dalk daarby?... VI Dina se lewe val haar swaar. Helaas, sy was die laaste tyd haar blosende gesondheid kwyt, en moes gedurig drankies koop. Sy het in 'n café gedien waar sy gedurig reg moes staan, die wit-gestyfde voorskoot aan en haardos ydel opgetooi. Sy moes haar aangesig verkleur; want al die glans van vel en oog het met die jare weggedroog-- só was haar blommesteel geknak! Sy moes daar staan en vriendlik wees vir iedereen, al oor en oor, ook as die kêrels met haar skoor en stilletjies haar dinge sê. Saans word sy dikwels uitgevra om na die bioskoop te kyk; dan moet sy weer so sinlik lyk, dat sy die jonkmans kan bekoor. Dan kry sy volop lekkers en 'n sitplek in die voorste ry; dan is daar volop gekkerny op die toneel en in die saal, totdat 'n ander lewensdag in sondenag word uitgeblus; die liggaam weer na late rus moet deur die vroeë more heen. Hoe sweef dan om haar koors-gesig die kuisheid van die môredou; hoe pynig haar 'n naberou wat al maar met die môre kom! Haar leë hart het sy so lank uit singenot se kelk laat drink, dit word haar aldeur volgeskink en--tot die prys van hande goud. Tog bly haar hart gedurig leeg... Sy sal die fees dan ook maar my... Oom Gert soek haar vergeefs daarby... Skyn-vrolik is sy nou nie meer!... VII Ja, Dina was dié dag nie by en ook nie bly... God het haar eind'lik stil laat staan! En omgewend?... Die aand versprei sy duister skerm wanneer sy op die rante kerm in haar ellend: "Ag, kon ek nog my sondedaad as sondesaad weer in my donker hart terugontvang, dan was my vrees, my angs by awendswart wis minder bang gewees. Maar nou, nou het voorheen my hand dit uitgeplant, die eerste korrel van die kwaad. En ieder jaar vermenigvuldig die boom so kwaad die sondesaad, en maak my siel doodskuldig. Teen awendgrys verrys nou boom op boom, hul bly soos donker plekke, soos pikswart vlekke dwars-teen my vinnig-aan wegdonkerende hemel staan. En waar ek nou al dolend gaan, hul staar my aan, die bome; deur hul blare hoor ek die nare geruis van doem en dood-- oneindig ver van my en altyd naderby! Ek vlug verdwaald, verdwaas van sin, benard, benoud my donker woud al dieper, dieper in!" VIII Sal God dan Dina so laat staan?... Sy wend haar voetstap al maar aan op agterbuurtse sinkgebou waar awenddienste word gehou... Net kwyn sag weg 'n lied van dank as sy gaan sit op verste bank. Wanneer die laaste galm verruis, spreek sag die leraar van 'n Huis daarbowe, wat veel wonings het, die toevlugsoord van wat belas, gedruk, verlaat, verlore was. Wees nie ontroer, voeg hy daarby, as jul nog sondesmarte ly, want daar hou juis die eng'le fees om wie verlore hier mag wees. o Die oue, oue Bybeltaal, by haar al lank verouderd al-- dit sink soos eerste druppels reën wat op 'n ou pad val. (Wat hoor sy nou! "Wees nie ontroer!" Het God haar voete hier gevoer?... Wat hoor sy! "Daar is baie plek." Ook vir 'n sondares soos ek?... Wat!... dat daar om verlorene fees sal wees!) Dan volg 'n laaste smeekgebed dat God barmhartiglik mag red deur altyd-nuwe wekgeluid; en daarmee gaan die kerkie uit. Sy stap die duisternis weer in, maar dis vir haar 'n dagbegin; dis of die sterre almal wink, of die aandster bo die woning blink waarin haar vader op haar wag. Dieselfde nag het sy besluit om na haar vader terug te gaan. Want as God haar nie weg wil wys, dan neem 'n eie vader wis sy enige dogter aan. IX "Wie kom so laat nog na my huis?... Ek hoor daarbuite 'n voetstap ruis."... Die bo-deur swaai sag aan die kant. Is dit die wind se onsigbre hand?... 'n Kersie wikkel--hoe die deur al saggies word opsy gebeur-- en wend lig-golfies daar en hier langs langvergane muurpapier. "Wie kom nou na my huis? Dis nag!" Die grysaard nou geboë wag en kyk, maar kan geen wese ontdek-- totdat 'n stem kom: "Pa, dis ek." Dan doem traag uit die duisternis 'n beeld wat hom nóg eie is. "My kind!... Oplaas!" en dan niks meer. Sy val hom aan die voete neer. 'n Vaderhart se medely-- wat kom Gods liefde naderby? God wat alreeds te wagte staan as die "verlore seun" kom aan! Hy blik haar in die skuldige oog... Die trane-sout 't al vasgedroog. En sinlikheid aan 't wisselwyk, van ver deur dowwe sluiers kyk. "My kind, dáár het ek neergekniel, snags uitgestort my bitter siel; dié deur het nooit nie dig gegaan, en daardie kersie 't daar gestaan. "Nou kan ek sterf, my oog het nou jou saligheid, my kind, aanskou." Hy sien haar aangesig is bleek-- 'n skone spieël gekraak, gebreek. "Hoe is jou skoonheid van weleer deur Gods geregtigheid verteer-- die vlam wat ons nie sien nie, maar waarvan ons net die as vergaar! "My kind, meteens my profesie, van wat my oog gewislik nie meer sal aanskou: die wederkeer van al my volk tot God en eer. "Lê op my graf geen sooi met gras, maar dek dit met die heuwel-as; want daarso lê begraaf jou eer en van die boervolk van weleer. _"Ja, daarom is die heuwels hoog, en dáárom is hul skynsel bleek, en daarom is die winddreun diep, so droef soos een wat smartlik smeek!_ "Maar eens herleef die nasie weer, waarvan ek sterwend profeteer. Eens word die grys-blou heuwels klein as God alleen weer groot verskyn!" Hul staar mekaar nog vraend aan wanneer die dag al op wil gaan... Dan sien sy hoe sy vinger wys waar Perdekraal se heuwels rys! * * * * * Die digter het sy taak volbring. Die sanger het sy lied gesing, en wil met enk'le woorde nog vermeld van stille beevaarts-tog; van hoe sy voet eerbiedig stand hou by twee graftes op die Rand. Dié vaal-wit hopies dek hul bei, vader en dogter, sy aan sy!-- End of the Project Gutenberg EBook of Trekkerswee, by J.D (AKA Totius) du Toit *** END OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK TREKKERSWEE *** ***** This file should be named 16543-8.txt or 16543-8.zip ***** This and all associated files of various formats will be found in: https://www.gutenberg.org/1/6/5/4/16543/ Produced by Michael Ciesielski, Christine D and the Online Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net Updated editions will replace the previous one--the old editions will be renamed. Creating the works from public domain print editions means that no one owns a United States copyright in these works, so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United States without permission and without paying copyright royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part of this license, apply to copying and distributing Project Gutenberg-tm electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG-tm concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark, and may not be used if you charge for the eBooks, unless you receive specific permission. If you do not charge anything for copies of this eBook, complying with the rules is very easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation of derivative works, reports, performances and research. They may be modified and printed and given away--you may do practically ANYTHING with public domain eBooks. Redistribution is subject to the trademark license, especially commercial redistribution. *** START: FULL LICENSE *** THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK To protect the Project Gutenberg-tm mission of promoting the free distribution of electronic works, by using or distributing this work (or any other work associated in any way with the phrase "Project Gutenberg"), you agree to comply with all the terms of the Full Project Gutenberg-tm License (available with this file or online at https://gutenberg.org/license). Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg-tm electronic works 1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg-tm electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to and accept all the terms of this license and intellectual property (trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all the terms of this agreement, you must cease using and return or destroy all copies of Project Gutenberg-tm electronic works in your possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a Project Gutenberg-tm electronic work and you do not agree to be bound by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8. 1.B. "Project Gutenberg" is a registered trademark. It may only be used on or associated in any way with an electronic work by people who agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few things that you can do with most Project Gutenberg-tm electronic works even without complying with the full terms of this agreement. See paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project Gutenberg-tm electronic works if you follow the terms of this agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg-tm electronic works. See paragraph 1.E below. 1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation ("the Foundation" or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection of Project Gutenberg-tm electronic works. Nearly all the individual works in the collection are in the public domain in the United States. If an individual work is in the public domain in the United States and you are located in the United States, we do not claim a right to prevent you from copying, distributing, performing, displaying or creating derivative works based on the work as long as all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope that you will support the Project Gutenberg-tm mission of promoting free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg-tm works in compliance with the terms of this agreement for keeping the Project Gutenberg-tm name associated with the work. You can easily comply with the terms of this agreement by keeping this work in the same format with its attached full Project Gutenberg-tm License when you share it without charge with others. 1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern what you can do with this work. Copyright laws in most countries are in a constant state of change. If you are outside the United States, check the laws of your country in addition to the terms of this agreement before downloading, copying, displaying, performing, distributing or creating derivative works based on this work or any other Project Gutenberg-tm work. The Foundation makes no representations concerning the copyright status of any work in any country outside the United States. 1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg: 1.E.1. The following sentence, with active links to, or other immediate access to, the full Project Gutenberg-tm License must appear prominently whenever any copy of a Project Gutenberg-tm work (any work on which the phrase "Project Gutenberg" appears, or with which the phrase "Project Gutenberg" is associated) is accessed, displayed, performed, viewed, copied or distributed: This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included with this eBook or online at www.gutenberg.org 1.E.2. If an individual Project Gutenberg-tm electronic work is derived from the public domain (does not contain a notice indicating that it is posted with permission of the copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in the United States without paying any fees or charges. If you are redistributing or providing access to a work with the phrase "Project Gutenberg" associated with or appearing on the work, you must comply either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg-tm trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9. 1.E.3. If an individual Project Gutenberg-tm electronic work is posted with the permission of the copyright holder, your use and distribution must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms will be linked to the Project Gutenberg-tm License for all works posted with the permission of the copyright holder found at the beginning of this work. 1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg-tm License terms from this work, or any files containing a part of this work or any other work associated with Project Gutenberg-tm. 1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this electronic work, or any part of this electronic work, without prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with active links or immediate access to the full terms of the Project Gutenberg-tm License. 1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary, compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including any word processing or hypertext form. However, if you provide access to or distribute copies of a Project Gutenberg-tm work in a format other than "Plain Vanilla ASCII" or other format used in the official version posted on the official Project Gutenberg-tm web site (www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means of obtaining a copy upon request, of the work in its original "Plain Vanilla ASCII" or other form. Any alternate format must include the full Project Gutenberg-tm License as specified in paragraph 1.E.1. 1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying, performing, copying or distributing any Project Gutenberg-tm works unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9. 1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing access to or distributing Project Gutenberg-tm electronic works provided that - You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from the use of Project Gutenberg-tm works calculated using the method you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed to the owner of the Project Gutenberg-tm trademark, but he has agreed to donate royalties under this paragraph to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid within 60 days following each date on which you prepare (or are legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty payments should be clearly marked as such and sent to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in Section 4, "Information about donations to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation." - You provide a full refund of any money paid by a user who notifies you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he does not agree to the terms of the full Project Gutenberg-tm License. You must require such a user to return or destroy all copies of the works possessed in a physical medium and discontinue all use of and all access to other copies of Project Gutenberg-tm works. - You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the electronic work is discovered and reported to you within 90 days of receipt of the work. - You comply with all other terms of this agreement for free distribution of Project Gutenberg-tm works. 1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project Gutenberg-tm electronic work or group of works on different terms than are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing from both the Project Gutenberg Literary Archive Foundation and Michael Hart, the owner of the Project Gutenberg-tm trademark. Contact the Foundation as set forth in Section 3 below. 1.F. 1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread public domain works in creating the Project Gutenberg-tm collection. Despite these efforts, Project Gutenberg-tm electronic works, and the medium on which they may be stored, may contain "Defects," such as, but not limited to, incomplete, inaccurate or corrupt data, transcription errors, a copyright or other intellectual property infringement, a defective or damaged disk or other medium, a computer virus, or computer codes that damage or cannot be read by your equipment. 1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the "Right of Replacement or Refund" described in paragraph 1.F.3, the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project Gutenberg-tm trademark, and any other party distributing a Project Gutenberg-tm electronic work under this agreement, disclaim all liability to you for damages, costs and expenses, including legal fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE PROVIDED IN PARAGRAPH F3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH DAMAGE. 1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a written explanation to the person you received the work from. If you received the work on a physical medium, you must return the medium with your written explanation. The person or entity that provided you with the defective work may elect to provide a replacement copy in lieu of a refund. If you received the work electronically, the person or entity providing it to you may choose to give you a second opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If the second copy is also defective, you may demand a refund in writing without further opportunities to fix the problem. 1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth in paragraph 1.F.3, this work is provided to you 'AS-IS' WITH NO OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTIBILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE. 1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied warranties or the exclusion or limitation of certain types of damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement violates the law of the state applicable to this agreement, the agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or unenforceability of any provision of this agreement shall not void the remaining provisions. 1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone providing copies of Project Gutenberg-tm electronic works in accordance with this agreement, and any volunteers associated with the production, promotion and distribution of Project Gutenberg-tm electronic works, harmless from all liability, costs and expenses, including legal fees, that arise directly or indirectly from any of the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this or any Project Gutenberg-tm work, (b) alteration, modification, or additions or deletions to any Project Gutenberg-tm work, and (c) any Defect you cause. Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg-tm Project Gutenberg-tm is synonymous with the free distribution of electronic works in formats readable by the widest variety of computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations from people in all walks of life. Volunteers and financial support to provide volunteers with the assistance they need, is critical to reaching Project Gutenberg-tm's goals and ensuring that the Project Gutenberg-tm collection will remain freely available for generations to come. In 2001, the Project Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure and permanent future for Project Gutenberg-tm and future generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see Sections 3 and 4 and the Foundation web page at https://www.pglaf.org. Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non profit 501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal Revenue Service. The Foundation's EIN or federal tax identification number is 64-6221541. Its 501(c)(3) letter is posted at https://pglaf.org/fundraising. Contributions to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by U.S. federal laws and your state's laws. The Foundation's principal office is located at 4557 Melan Dr. S. Fairbanks, AK, 99712., but its volunteers and employees are scattered throughout numerous locations. Its business office is located at 809 North 1500 West, Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887, email business@pglaf.org. Email contact links and up to date contact information can be found at the Foundation's web site and official page at https://pglaf.org For additional contact information: Dr. Gregory B. Newby Chief Executive and Director gbnewby@pglaf.org Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation Project Gutenberg-tm depends upon and cannot survive without wide spread public support and donations to carry out its mission of increasing the number of public domain and licensed works that can be freely distributed in machine readable form accessible by the widest array of equipment including outdated equipment. Many small donations ($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt status with the IRS. The Foundation is committed to complying with the laws regulating charities and charitable donations in all 50 states of the United States. Compliance requirements are not uniform and it takes a considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up with these requirements. We do not solicit donations in locations where we have not received written confirmation of compliance. To SEND DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state visit https://pglaf.org While we cannot and do not solicit contributions from states where we have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition against accepting unsolicited donations from donors in such states who approach us with offers to donate. International donations are gratefully accepted, but we cannot make any statements concerning tax treatment of donations received from outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff. Please check the Project Gutenberg Web pages for current donation methods and addresses. Donations are accepted in a number of other ways including including checks, online payments and credit card donations. To donate, please visit: https://pglaf.org/donate Section 5. General Information About Project Gutenberg-tm electronic works. Professor Michael S. Hart was the originator of the Project Gutenberg-tm concept of a library of electronic works that could be freely shared with anyone. For thirty years, he produced and distributed Project Gutenberg-tm eBooks with only a loose network of volunteer support. Project Gutenberg-tm eBooks are often created from several printed editions, all of which are confirmed as Public Domain in the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper edition. Most people start at our Web site which has the main PG search facility: https://www.gutenberg.org This Web site includes information about Project Gutenberg-tm, including how to make donations to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.